Josef Strauss (20 Augustus 1827 – 22 Julie 1870) was 'n Oostenrykse komponis.
Hy is gebore in Mariahilf (nou Wene) as die seun van Johann Strauss sr. en Maria Anna Streim. Hy was die broer van Johann Strauss jr. en Eduard Strauss. Sy vader wou gehad het dat hy 'n loopbaan volg in die Oostenrykse Habsburg-weermag. Hy het musiek studeer saam met Franz Dolleschal en die viool studeer onder Franz Anton Ries.
Hy ontvang opleiding as ingenieur en werk vir die stad van Wene as stadsingenieur- en ontwerper. Hy publiseer twee wiskundige handboeke. Strauss was voorts ook 'n bedrewe kunstenaar, skilder, digter, dramaturg en uitvinder.[1]